Fotokrediet:  Oosie Media – Luca Kruger, Anri Venter, Bernice de Vries, Rudi Cornelius,  me Louise Esterhuizen en mnr Jaco Redelinghuys

MATRIEKUITSLAE 2024 - BESTE SKOOL IN DIE TSHWANE NOORD DISTRIK!

Skool met die meeste "Bachelors" (224) en 100% slaagsyfer vir die derde opeenvolgende jaar!

ONS NUWE HOOF
Ons is opgewonde om aan te kondig dat Me. Susan Theron amptelik ons nuwe hoof is!

Nog meer spesiaal – sy is die eerste vroulike hoof in Oos-Moot se geskiedenis. Baie geluk, Me. Theron!  Ons Oosies verwelkom u met ope arms en sien uit na ‘n blink toekoms saam met u aan die stuur.  Me. Theron is ‘n trotse Moot-inwoner en ‘n oud-Oosie-ouer, wat beteken sy ken en verstaan ons gemeenskap. Sy is regtig opgewonde om deel te wees van ons skool se volgende hoofstuk. Met die ondersteuning van ons personeel, beheerliggaam, leerders, ouers en die hele Moot-gemeenskap, glo ons dat Oos-Moot net sterker gaan word.

Me. Theron, sterkte met die groot taak wat voorlê. Ons sien uit na ‘n fantastiese tyd saam met u as ons leier!

BOODSKAP VAN ONS NUWE HOOF
Ek is opgewonde om vanaf 1 Maart 2025 amptelik as hoof van die skool aangestel te wees.  Dit is vir my ’n groot eer en voorreg, en ek wil opreg dankie sê vir die vertroue wat in my gestel is. Ek is vasberade om my bes te doen en om die hoë standaarde van uitnemendheid wat ons skool nastreef, te handhaaf.

Dit is wonderlik om deel te wees van ’n span wat nie net na uitnemendheid streef nie, maar dit ook daagliks uitleef. Die geleenthede wat ons skool bied, is werklik inspirerend, en ek sien uit na alles wat ons as span gaan bereik.

Cover for Hoërskool Oos-Moot - Amptelik
5,087
Hoërskool Oos-Moot - Amptelik

Hoërskool Oos-Moot - Amptelik

Hoërskool in die Moot-area van Pretoria.

OOSIES | MMOMMeneer en Mejuffrou Oos-Moot het op Woensdag, 26 Maart plaasgevind. Wat 'n lekker aand gevul met kleur, klank en die mooiste Oosies! Baie geluk aan elke finalis, julle was voorwaar skitterend op die verhoog! 🍫🍬🍭Hiermee die name van die MMOM wenners:Mej Oos-Moot - Anke StygerMnr Oos-Moot - Luan Stoop1ste Prinses - Kay-Dee Steyn1ste Prins - Ryan Liebenberg 2de Prinses - Mia Krynauw2de Prins - Joshua KokMej Deurlopend - Mia DingelstadMnr Deurlopend - Zack EngelbrechtMej Fotogenies - Kay-Dee SteynMnr Fotogenies - Luhan HayMej Persoonlikheid - Mia KrynauwMnr Persoonlikheid - Luan StoopDebutant - Iaan RouxBaie geluk aan al die wenners! 📸 - Mignon CrouseVerdere foto's van die aand sal binnekort volg. #trotseoosie#laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | ATLETIEK - ASA KAMPIOENSKAPPE 2025Ons is ongelooflik trots op ons Oosie-atlete wat aan die einde van Maart op die ASA-kampioenskappe hul staal gaan wys! Sommige van hulle neem selfs in ‘n hoër ouderdomsgroep deel, wat die uitdaging nóg groter maak – maar ons weet hulle is gereed.Met ure se toewyding en harde werk agter die rug, is hierdie een van die hoogtepunte van hul 2025-seisoen. Oosies, gaan wys wat in julle steek! Ons atlete en die items waaraan hul gaan deelneem:Roemay Korff (o.16) 300mh, 200m en 100mZach Putter (o.16) DiskusChanel Groenewald (o.18) 3000mIline Botha (o.18) 200mLeandro Delport (o.18) 100m en 200mRoan Joubert (o.18) GewigstootMonique Geldenhuys (o.20) SpiesgooiSarel Boshoff (o.20) VerspringSterkte aan elke deelnemer!#laatdieblougolfrol#trotseoosies ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | VAKANTE POSwww.oos-moot.co.za/poste/#trotseoosies#laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | DEBATOns debatspanne (juniors en seniors) het die afgelope twee dae aan die ATKV DEBAT kompetisie te Afrikaanse Hoër Seunskool deelgeneem. Ons wag nog vir die uitslae maar ons sê geluk aan ons spanne wat hul uitstekend van hul taak gekwyt het. Ons is trots op julle!Dankie aan die afrigters en onderwysers wat die leerders vergesel het. Ons het groot waardering vir julle! #trotseoosie#laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | RESTAURANTAANDOp 18 Maart het ons graad 11-leerders tydens hul eerste restaurantaand vir 2025, hul kookvernuf ten toon gestel in ons skool se eie restaurant, Bonne Cuisine! Van vroegmiddag af was daar roer, bak en brou om ‘n spyskaart voor te berei wat almal se smake bederf het. Die aand is perfek afgerond deur ons Oosie-kelners, wat met hul uitstekende diens gesorg het vir ‘n stylvolle en gesellige ervaring.Dit was ‘n lang en besige dag, maar die harde werk het beslis vrugte afgewerp. Welgedaan Oosies – jul het behoorlik beïndruk! #trotseoosie#laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | TROTS OOSIEHierdie maand se Oosie waarde is EERLIKHEID wat deel vorm van integriteit . Die onderwysers het hul ondersteuning getoon deur vandag ligblou aan te trek. Dit is só lekker om elke maand hierdie waardes van 'n TROTSE OOSIE te ondersteun en te sien hoe die leerders hierdie waardes nastreef. Dit is lekker om 'n TROTSE Oosie-onnie te wees! #trotseoosie#laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | MMOMNog net 1 week om te gaan voor Meneer en Mejuffrou Oos-Moot 2025! Kaartjies word pouses en naskool in die Kultuurkantoor verkoop. Algemene kaartjies - R130 (ongeallokeerde sitplekke). Daar is nog net 'n paar Gouesirkel kaartjies teen R160 (geallokeerde sitplekke) beskikbaar. Sien jou daar - dit gaan "Lekker!" wees! 🍭🍬🍫#trotseoosie#laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | NETBALBaie geluk aan die volgende netbaldogters wat deur is na die volgende rondte proewe. Die Gauteng proewe vind op 22 Maart plaas by HS Florida.1. Aretha de Beer 0/182. Kathleen Taljaard 0/183. Veronique Barnard 0/174. Katelynne Jefferey 0/165. Megan Ferreira 0/166. Diane Joubert 0/157. Liyema Tom 0/158. Skylar Vraagom 0/14Baie sterkte aan julle, julle maak ons trots.#trotseoosie#laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook

2 weke gelede

Hoërskool Oos-Moot - Amptelik
Hoërskool Oos-Moot - Amptelik's cover photo ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
🔊 Calling all schoolboy rugby enthusiasts! The official 2025 edition of the Blue Bulls High Schools' Rugby Association Digital Magazine is 𝗢𝗨𝗧 𝗡𝗢𝗪!! This must-have publication is packed with exclusive insights, including the Blue Bulls Schools' fixtures, exciting Easter Rugby Festivals, various tournaments, essential school contacts, and the SA Rugby Youth Weeks 💥 It's a must-have for parents, players, and supporters alike 🏉📲 Grab your 𝗙𝗥𝗘𝗘 copy of their 2025 rugby season edition here: tinyurl.com/55v6kr4e#pegasuspublishing I #bluebullsschools I #SchoolsRugby I #2025rugbyseason I #rugbydigitalmag I #OfficialMediaPartner ... See MoreSee Less
Sien op Facebook