Baie welkom by Oos-Moot se atletiekwebblad. Ons atlete is soos ‘n familie en almal ondersteun mekaar. Ons kompeteer teen van die beste skole in die land en gee so ons atlete die geleentheid om hulself te meet teen van die bestes in die land.
Dit is juis hierdie byeenkomste wat verseker dat ons jaarliks medaljes op SA’s verower en dat van ons atlete op internasionale vlak deelneem. Ons neem aan die volgende byeenkomste deel, naamlik: die Abrie van Stadenbyeenkoms, Mootbyeenkoms, UJ atletiekbyeenkoms, TUT Top 12, TUKS Top 10-, Naboomspruitbyeenkoms, POTCH Top 30 en die Superinterhoër te Potchefstroom deel.
Ons atlete begin die 2025 seisoen met nuwe rekords tydens die Interhuis: Leandro Delport (o.17) Verspring 7.04m, Sarel Boshoff (o.19) Verspring 7.02m, Jayden Pretorius (o.19) 100m in 10.42 sekondes en Le Roux Smit (100m) in 10.65 sekondes). Die B-Bond Interhoër op 20 Februarie lewer uitsonderlike prestasies. Roemay Korff (o.14) stel ‘n nuwe rekord in die 200m op (25.32 sekondes – verbeter rekord van 1982), sy word aangewys as die Junior Victrix Ludorum (1825 ASA punte) en as die beste Junior Baanatleet. Leandro Delport (o.17) is een van twee atlete wat die rekord vir die 200m verbeter en die o.19 seuns aflosspan is een van twee spanne wat die rekord in hul ouderdomsgroep verbeter (Jayden Pretorius, David Joubert, Drew Williams en Sarel Boshoff).
Sarel Boshoff (o.19) verbeter die verspringrekord in sy ouderdomsgroep by die Gauteng Skolekampioenskappe (Maart 2025) met ‘n sprong van 7.15 meter en sal Gauteng tydens die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe in Bloemfontein verteenwoordig.
Die 2024 atletiekseisoen was baie spesiaal vir ons atlete, met hul deelname aan die A-Bond interhoër teen die top skole in Pretoria. Dit het ons atlete die waardevolle geleentheid gegee om hulself te meet teen van die beste atlete in Pretoria. Daar is verskeie uitsonderlike prestasies deur ons atlete behaal, maar die een wat veral uitgestaan het, is die o.19 seuns aflosspan wat die byeenkoms vir Oos-Moot op ‘n onverwagse hoogtepunt afgesluit het met ‘n oorwinning wat selfs die sterkste teenstanders in die stof agtergelaat het. Dit was ‘n hoendervleisoomblik met ‘n wentyd van 41.45s. Hierdie triomf was ‘n verrassing vir vele, en sal vir jare onthou word as ‘n onvergeetlike hoogtepunt van die byeenkoms. Die o.19-seunsaflosspan: Gordon Maluleke, Ruwan Allan, Tapiwa Rwafa, Wade Williams en Nick Venter.
UITSLAE