Fotokrediet:  Oosie Media – Luca Kruger, Anri Venter, Bernice de Vries, Rudi Cornelius,  me Louise Esterhuizen, mnr Jaco Redelinghuys, Michaela Turner (Fotografieklub)

2025 'n UITSTAANJAAR VIR OOS-MOOT IN AKADEMIE, SPORT EN KULTUUR!

AKADEMIE
Beste skool in C1 – D3 met die meeste “Bachelors” (224) en 100% slaagsyfer vir die derde opeenvolgende jaar!

SPORT
Netbal (o.16-span):  6de in Suid-Afrika tydens die SA Skole Netbalkampioenskappe 2025, Gautengkampioene 2025,  NWU-reeks wenners en naaswenners by Wildeklawertoernooi (eerste uitnodiging).

Rugby:  Nege Oosie rugbyspelers word gekies vir Blou Bul Provinsiale spanne.
o.15A is die Noordvaal Plaat wenners vir 2025

KULTUUR
All Stars wen Kaleidoscope 2025 kompetisie!

BOODSKAP VAN ONS NUWE HOOF

Liewe Ouers en Leerders van die Moot-omgewing

Ons het iets besonders:  ’n skool in ons eie gemeenskap waar elke kind kan floreer.

Akademie/Sport/Kultuur
Ons bied kwaliteit onderrig met toegewyde personeel en ’n gebalanseerde, uitdagende kurrikulum.  Elke leerder kry ’n kans – of dit vir deelname, ontwikkeling of kompetisie is in sport, kultuur of akademie.

💬 Waarom elders kies as uitnemendheid reg hier in die Moot wag?
Groter skole in ander areas van Pretoria mag dalk beter lyk of klink, maar dikwels is jou kind net ’n nommer. By Oos-Moot is daar plek vir elke kind om te skitter.

’n Gemeenskapsinisiatief                   
Saam met die Oosie Bond, ouers, oud-leerders en gemeenskapslede bou ons aan ’n toekoms waar elke kind gesien, gehoor en ondersteun word.

Maak Oos-Moot jou eerste keuse!
Hier bou ons nie net aan ’n skool nie – ons bou aan lewens, drome en ’n trotse gemeenskap.

Vir ons kinders, vir ons skool, vir ons gemeenskap!
Met trots
Me S Theron
HOOF