TIENERTONEEL
Me L Bouwer
kultuur@oos-moot.co.za
Die ATKV tienertoneel is ‘n unieke ervaring vir Oosie-leerders. Dit laat die leerders toe om hul talente op die planke uit te leef, bied aan hulle positiewe blootstelling aan die teater en opboudende kritiek vanaf gesoute akteurs en aktrises, dit laat hulle toe om hulself te meet teen ander skole tydens gesonde kompetisie, dit skep ‘n onbreekbare spangees tussen die leerders en dit bevorder hul selfvertroue.
Tienertoneel laat leerders toe om in hul eie taal op te tree en om ‘n nuwe waardering vir Afrikaans te kry. Leerders mag hul eie toneelstukke skryf en laat opvoer, daar is ‘n kategorie vir produksies wat slegs deur leerders behartig word.
Die leerders wat betrokke sal wees by die tienertoneel hang af van die gekose teks (bv. aantal akteurs) bykomende rolle sluit in tegniese versorgers (klank en beligting), verhoog bestuurder en laastens “ninjas” (die persone wat dekor op en af van die verhoog af dra, hierdie is ‘n werk wat die akteurs ook kan doen).
2024
Die Oosie-Tienertoneelgroep eindig nasionaal derde tydens die Op die Planke toneelfees wat op 12 Oktober plaasgevind het. ‘n Eerste in Oos-Moot se geskiedenis. Kiara du Toit (gr.12) stap met die louere weg as Beste Aktrise (nasionaal) en Marilee Mans (gr.11) die Beste Aktrise in ‘n Ondersteunende Rol (nasionaal).
Akteurs (cast): Anja Landman, Marilee Mans,Kiara du Toit, Kiara Redelinghuys, Abigail Oosthuizen, Miné van Rensburg en Gené Helberg
Verhooghulp (crew): Leané Dobson, Ianthé Ferreira, Keanen Swanepoel, Vanté Myburgh, Michaela Turner, Anri Venter, Lizanne Kruger, Stefan Seymour, Gabriella van der Bank, Jacques Reinhardt, Devon Peuckert, Micah Badenhorst en Zander van Dyk.