OOSIE-JUNIORS HOKKIEKLUB

Linde Steyn
Organiseerder
l.steyn@oos-moot.co.za

As die hokkiegogga u kind eers gebyt het, is dit vir altyd.  Ons poog om vir u kind die korrekte hokkievaardighede te leer op die nuwe ASTROBAAN (eerste en enigste in die Moot). Alle laerskool seuns en dogters wat in hokkie belangstel is welkom om gedurende die 2de en 3de kwartaal, by ons Oosie Juniors Hokkie (by Hoërskool Oos-Moot) te kom inskryf. Spelers word die basiese en gevorderde vaardighede in hokkie aangeleer.

Benodigdhede (by enige sportwinkel)
Hokkiestok, hokkiebal, mondskerm, “shinpads” en lang hokkie-oefenkouse.
Oosie-Junior hokkiedrag sal op ‘n later stadium beskikbaar gestel word.

Navrae kan gerig word aan l.steyn@oos-moot.co.za.

Oosie-Juniors