ROLBAL
Rolbal, is ‘n sportsoort wat gewoonlik met ouer mense geassosieer word. Die sportsoort se aantrekkingskrag het egter gegroei en dit is nou ook ‘n sport vir alle ouderdomsgroepe en vaardigheidsvlakke. Rolbal is ‘n aktiewe en gesonde sport wat ‘n positiewe impak op die jeug se liggaam kan hê. Dit dien as ‘n sportsoort waar leerders wat nie aan hoofstroomsportsoorte wil deelneem nie, ‘n geleentheid het om hul in sport uit te leef.
Die beoefening van rolbal vereis koördinasie, balans en beweging wat ‘n gunstige invloed op die algehele fisiese gesondheid van jongmense kan hê. Deur deel te neem aan rolbal, ontwikkel jong individue spierkrag, uithouvermoë en motoriese vaardighede. Hierdie sport bevorder ook ‘n gesonde lewenstyl deur aktiewe deelname aan ‘n sosiale omgewing wat sowel fisieke as sosiaal voordelig kan wees.
Dié sportsoort word sedert 2021 by ons skool aangebied met ongeveer 20 Oosies wat aktief deelneem. Ons het ook laerskoolleerders wat as Junior-Oosies deel vorm van ons spanne.
Die 2024 seisoen word afgesluit met die Stadsbeker finaal wat op 23 Augustus 2024 vir die B- en C-liga plaasgevind het. In die B-liga eindig Oos-Moot 3 in die derde posisie en in die C-liga eindig Oos-Moot 4 in die derde posisie.
Die finaal vir die A-liga het op 25 Augustus plaasgevind. Oos-Moot 1 eindig 4de en Oos-Moot 2 eindig 5de.
2023 was ‘n hoogtepunt vir ons rolbalspelers. Ons spelers het tweede in Gauteng-Noord se skole A- en B-liga geëindig en twee van ons leerders is opgeneem in die o.18 Gautengspan wat in 2024 in Bloemfontein deelneem.
OEFENTYE EN KOMPETISIES
Vrydae vanaf 14:00 tot 16:00 te Villieria rolbalbane.
Spelers moet met oefeninge eie vervoer gebruik na en van Villieria rolbalbane.
Kompetisies waaraan deelgeneem word, is:
* Pretoria skole se stadbekerliga (Augustus)
* Gauteng-Noord skole individuele toernooi
* Gauteng-Noord bied ook verskeie toernooi vir die jeug aan.
REËLINGS
Balle word aan die begin aan leerders voorsien of te bepaal of hul die sportsoort wil beoefen.
‘n Skoolbussie word gebruik om leerders van en na wedstryde te vervoer.