GHOLF

Mnr D Stander
Organiseerder
gholf@oos-moot.co.za

Welkom by ons Gholf webbladsy.  In Oosie-land bied ons nie gholfafrigting aan nie, maar wel waardevolle geleenthede vir leerders wat reeds die vaardighede in gholf het om deel te neem aan die NWU-reeks (tweede kwartaal) en liga (derde kwartaal).  Hierdie geleenthede stel die spelers in staat om hul passie vir die sport op skoolvlak uit te leef, hul vaardighede op kompeterende vlak uit te bou en ons is toegewyd om vir hul ‘n platform te bied vir verdere ontwikkeling en kompetisie.  Die skool het ‘n junior- en seniorspan.

Gholf is ‘n sportsoort wat gekenmerk word deur tegniese vaardighede wat in ‘n rustige omgewing beoefen word.  Dit bied ‘n platform vir ons spelers om te leer hoe om spanning te verwerk, doelwitte te stel en te bereik.  Gholf kan ‘n lewenslange passie word.

In 2024 neem ons spelers in die B- en D-ligas deel.  Deelnemende skole in die B-liga is:  Overkruin (1), Pretoria-Noord (1), Montana (1), Menlopark (3) en Garsfontein (1).  D-liga se deelnemende skole is:  Waterkloof (8), Centurion (4), Oos-Moot (2), Menlopark (12) en Midstream (4).