ALL STARS EN REVUE

Me S vd Wetering
Organiseerder
s.vandewetering@oos-moot.co.za

 

ALL STARS

Die All Stars is ‘n elite groep leerders wat gekies word uit die groter Revue-groep. Hierdie talentvolle individue verteenwoordig die skool by verskeie kompetisies, insluitend Kaleidoscope. Hulle word gekies op grond van hul uitsonderlike talent, toewyding en vermoë om op ‘n hoë vlak te presteer.

 


 

REVUE

In 2024 het die Revue gespog met ‘n rekordgetal van 139 deelnemende leerders – die grootste groep sedert die Revue in 2003 begin het. Met die tema One World is die rykdom van diversiteit en die eenheid wat ons almal verbind, gevier. Die vertonings was ‘n feestelike reis deur verskeie kulture, met musiek, dans en toneel wat die wêreld se uiteenlopende stories en ritmes weerspieël het.

Oefeninge is onder leiding van die choreograaf Chrizner Kalp gehou, en in Augustus is die produksie met groot sukses op die verhoog aangebied. Die soliste vir die jaar was: Mia Krynauw, Amber Haines, Gigi-Blu Taute, Tilani Theron, Jonathan Botha, Ivan van Wyk, Marizel Brits en Logan Love.

Die Revue en musiekblyspel is elke twee jaar ‘n spoggeleentheid waar leerders hul passie vir musiek, dans en toneelspel uitleef. Dit bied ‘n platform vir selfvertroue, kreatiwiteit en samewerking.  Dié groep verteenwoordig die skool by die SA Kampioenskappe.