BERGFIETSRY

Mnr R Groenveld
Organiseerder
bergfietsry@oos-moot.co.za

Bergfietsry meer as net ‘n fisieke aktiwiteit – dit is ‘n avontuur wat kinders leer om grense te oorskry en hul eie krag te ontdek.  Dit ontwikkel deursettingsvermoë, selfvertroue en ‘n liefde vir die buitelewe.  Vir baie leerders is dit ‘n ontsnapping van die alledaagse roetine en ‘n geleentheid om in die natuur nuwe uitdagings aan te pak. Daar is tegnies moeilike roetes waar hul nie net hul balans en koördinasie verbeter nie, maar ook hul probleemoplossingsvermoë slyp.

In 2015 het bergfietsry as amptelike sport by Oos-Moot begin begin met ses leerders wat ingeskryf het om aan die Spur Mountain Biking League.   Lionel Sholtz het in 2017 ons afrigter geword en binne twee jaar daarna het Oos-Moot vyf leerders gehad wat na nasionale vlak deurgedring het.   Hierdie sportsoort het baie gegroei in getalle en vanaf 2022 neem ons deel aan die Gauteng Hoërskole reeks wat deel vorm van Schools Cycling South Africa.  Die reeks kan moontlikhede bied vir leerders om hul provinsiale kleure te verwerf.  Leerders kan inskryf om vir die skool punte te werf in verskeie reekse soos Gauteng North School Series, King Price Trailseeker Series en Cowhouse Gauteng North Series.  

2024 was ‘n jaar van groot sukses vir ons ryers.  Ons het vir die eerste keer deelgeneem aan die NWU kleinsport waar ons senior seuns in besonder uitgestaan het met ‘n algehele derde plek.  Dit was die begin van ‘n voortreflike jaar.  Selfs tydens die “Cycle Lab”-reeks het ons ryers verbeter na elke wedren.  Shanica Maré het ons skool by die nasionale kampioenskappe verteenwoordig en algeheel 4de geëindig in Gauteng.