E-sport is ‘n vorm van kompeterende sport waar leerders in spanne op ‘n video-speletjie platform teen mekaar deelneem en het in 2021 deel van Hoërskool Oos-Moot se sportaktiwiteite geword.
Spelers wat op skool betrokke is by e-sport beskik oor vaardighede wat nie noodwendig beskikbaar is in gestandaardiseerde toetse nie. Dit bevorder onder andere die volgende vaardighede:
- Konseptuele denke – Om te wen, word vinnige konseptuele denke, kreatiewe probleemoplossing, superieure uitvoering en strategiese benadering vereis.
- Spanwerk – Sukses vereis sterk en duidelike kommunikasievaardighede. ‘n Waardevolle vaardigheid wat deur elke werkgewer gesog word.
- Sportmanskap – Dit is normaal dat emosies ‘n hoogtepunt bereik in enige spel. Om mislukking te hanteer is ‘n kritieke emosionele vaardigheid wat hier (net soos op die sportveld) ontwikkel word.
E-sport kan ook die speelveld van leerders verder vergroot aangesien enige leerder ongeag geslag, vermoë, kultuur, of ligging hieraan kan deelneem. Hierdie is ook ‘n geleentheid om leerderbetrokkenheid by die skool te bevorder.
Tydens die 2024 seisoen klop die Oosie E-sportspan (OM_Alpha) H/S Waterkloof in die finaal van die ComicCon Africa HSEL finaal en eindig as die nommer een span in die SA Skolekompetisie. Ons spelers: Jayden Dunford, Marko Appelcryn (SPONSOBOBAS) en Marnus Jonck (Cozyfuzzball). Ons Rocket League span het 2de plek by die African Gaming Championship behaal. ʼn Uitmuntende prestasie. Ons spelers: Jayden Dunford, Marko Appelcryn en Marnus Jonck.