HOKKIE

Die skool het dogters- en seuns hokkiespanne wat aan die PUK-reeks, hokkieliga en toernooie deelneem.  Ons het in 2021 ons hokkiefasiliteite opgegradeer met ‘n ASTRO baan.  Dit is ook die enigste fasiliteit van sy soort in die Moot area.  Daar word vroeg in die seisoen begin met vaardigheidsoefeninge en proewe sodat spanne kan fokus op spanwerk en vaardigheid.  Hokkie is nie net meer ‘n wintersport nie.  Verskillende formate van hokkie word regdeur die jaar gespeel (gewone 11-aan-‘n-kant, 8-aan-‘n-kant, “Hockey 5s” en binnenshuise hokkie).

Ons verwelkom in 2025 vir Earl Kim-Fley as hoofafrigter by Oosie-hokkie en Oosie Juniors.  Hy het meer as 20 jaar ervaring as speler, skeidsregter, spanbestuurder en afrigter op verskeie vlakke.  Ons hoof-afrigter, mnr. E. Kim-Fley, en die o.16-seuns afrigter, mnr. L. Letebele is aangestel by die afrigtingspanne van onderskeidelik die o.18 B en o.14 A- Northerns Blues Boys Hockey spanne.Ons is opgewonde om die pad saam met hom te stap.  

Na die herstrukturering van die seisoen in 2023 neem ons in 2024 in die Northerns Dogtershokkie “Grootskole Groep 2-afdeling deel.  Die o.15B-span het hul liga gewen en die o.15A-, 14B- en die 2de-span het tweede in die liga geëindig met die eerste span derde in die liga.  Die eerste span het gekwalifiseer vir deelname aan die Noordvaalkompetisie.  Ons dogterspanne het ook die geleentheid gekry om teen toerspanne uit Swaziland en Skotland deel te neem.  

Na die sukses van die seunsspanne in die 3de liga tydens 2023 het hulle opgeskuif na die 2de liga wat ‘n sterker kompetisie is.  Die o.14-seuns eindig 2de, o.16 agtste en die eerste span vyfde.  In 2022 was daar slegs twee spanne (ongeveer 30 spelers).  Die aantal seuns wat hokkie speel het in 2024 gegroei van 36 tot 51 spelers teen die einde van die jaar.  Twee van ons afrigters het Oos-Moot tydens die South African Schools Hockey (SASHOIC) nasionale toernooi (Junie) verteenwoordig.  

Oosie-Junior Hokkie
Met die eerste en enigste Astrobaan in die Moot moedig ons laerskoolleerders wat in hokkie belangstel aan om nou reeds in te skakel by die skool se Oosie-Junior Hokkie-akademie waar hul die nodige vaardighede en tegnieke geleer word.  Een van die grootste uitdagings vir ons hokkie is die graad 8-leerders wat eers in die hoërskool begin speel en dan in enkele maande die vaardighede en tegnieke moet leer wat ander spelers reeds in die laerskool gedoen het.  Ons moedig leerders wat graag hokkie wil speel aan om nou reeds aan te sluit by ons Oosie Hokkie Junior Akademie.  Ons skop in 2025 later in die eerste kwartaal af.  Hou ons webwerf en ander media dop vir opwindende nuus.