TOELATING
Die amptelike onderrigtaal is Afrikaans.
- By inskrywing moet ‘n leerling ‘n bevredigende skolastiese rekord kan voorlê en voldoen aan die akademiese standaard wat gestel word.
- ‘n Afskrif van die leerling se identiteitsdokument/geboortesertifikaat, sowel as ‘n oorplasingskaart en die nuutste rapport vanaf die vorige skool moet by inskrywing beskikbaar wees.
- ’n Afskrif van die identiteitsdokument van die ouer verantwoordelik vir die finansies, moet ook ingedien word.
- Leerders moet hulle onderwerp aan die gedragskode van die skool.
- Skoolgeld soos bepaal deur die ouers tydens die Algemene ouer jaarvergadering, is jaarliks betaalbaar. Ouers ontvang maandeliks rekeningstate.