KRIEKET – SEUNS
Baie welkom by Oos-Moot se krieketwebblad. Ons is baie trots op ons krieketspelers en werk deurlopend daaraan om dié sport in ons skool te verbeter en vir ons spelers meer geleenthede in die sport te skep.
Krieket is ‘n gewilde sport met ‘n ryk geskiedenis waar jong spelers ‘n verskeidenheid waardevolle vaardighede soos samewerking en spanwerk ontwikkel asook dissipline en strategie leer. Dit bied ook ‘n platform vir fisiese fiksheid, uithouvermoë, en koördinasie, wat vir die algemene gesondheid en welstand van die spelers van onskatbare waarde is.
In 2025 begin ons eerste span met die KOVSIE SMASH toer en in die eerste kwartaal se liga neem die onderskeie spanne deel aan die Finsbury reeks, somerliga en TH-reeks.
Die 2024 krieketseisoen het vroeg afgeskop met die eerste wedstryd wat reeds in Januarie plaasgevind het. Die spelers het deur die jaar aan verskeie toere deelgeneem: o.14A-span se Rustenburg toer in Junie en die eerste span se twee toere na onderskeidelik die KOVSIE SMASH en Hoërskool Ben Vorster. Die o.14A-span het in die top 4 van die liga geëindig die o.15A-span tweede in die Finsbury liga. Die eerste span neem vir die eerste keer aan die Finsbury liga deel, wen al hul wedstryde en hul afdeling.
UITSLAE
o.14A