OOSIE JUNIORS HOKKIE

Fotokrediet:  Jewan Gouws (Oosie Media)

Linde Steyn
Organiseerder
l.steyn@oos-moot.co.za

As die hokkiegogga u kind eers gebyt het, is dit vir altyd.  Ons poog om vir u kind die korrekte hokkievaardighede te leer op die nuwe ASTROBAAN (eerste en enigste in die Moot).

Met die eerste en enigste Astrobaan in die Moot moedig ons laerskoolleerders wat in hokkie belangstel aan om nou reeds in te skakel by die skool se Oosie-Junior Hokkie-akademie waar hul die nodige vaardighede en tegnieke geleer word.  Een van die grootste uitdagings vir ons hokkie is die graad 8-leerders wat eers in die hoërskool begin speel en dan in enkele maande die vaardighede en tegnieke moet leer wat ander spelers reeds in die laerskool gedoen het.  Ons moedig leerders wat graag hokkie wil speel aan om nou reeds aan te sluit by ons Oosie Hokkie Junior Akademie.  

Afrigter 2025
Ons verwelkom in 2025 vir Earl Kim-Fley as hoofafrigter by Oosie Juniors.  Hy het meer as 20 jaar ervaring as speler, skeidsregter, spanbestuurder en afrigter op verskeie vlakke.  Ons hoof-afrigter, mnr. E. Kim-Fley, en die o.16-seuns afrigter is aangestel by die afrigtingspanne van onderskeidelik die o.18 B en o.14 A- Northerns Blues Boys Hockey spanne. Ons is opgewonde om die pad saam met hom te stap.  

Kostes 2025
Sien die inligtingskrywe 2025 (blou knopie regs) vir volledige inligting.

Benodigdhede 
(Die benodigdhede is by enige sportwinkel beskikbaar)
Hokkiestok
Hokkiebal
Mondskerm
Shinpads
Lang hokkie-oefenkouse (by enige winkel te koop)

Oosie-Juniors