SAGTEBAL

O.15A-SPAN IS TSHWANE EN GAUTENGKAMPIOENE 2024!

Oos-Moot se sagtebal groei van jaar tot jaar.  Die afrigters en spelers se toewyding het ons agt sagtebalspanne die afgelope jare in die liga laat uitstaan, die skool in die finale van die Tshwane Kampioenskappe verteenwoordig en tot in die Stadsbeker-finaal gevorder.  ‘n Groot aantal van ons speelsters word ook jaarliks in Tshwane sagtebalspanne opgeneem.

2023

Die 2023 seisoen lewer pragprestasies met die volgende spanne as Tshwane Noord kampioene:  o.16A en o.19A-spanne .  Die o.19A-span is Gauteng Kampioene vir 2023.  Die o.14A-span eindig vierde in Tshwane Noord en die o.15A-span derde.  

Die Oosie-spanne wat as ligawenners uit die stryd tree is: o.14A, o.14B, o.15B en o.16A.  Tweede plekke o.19A en o.19B.  Derde plekke o.15A.  Vierde plek o.16B.  

2022-seisoen
Dit was ‘n spesiale seisoen vir ons sagtebalspanne.  Die liga het uitstekend afgeloop met uitstaanprestasies.  Die o.14A-, o,15A- en 1ste spanne was die ligawenners en die 0/16A-span eindig in die tweede plek.  Die B-spanne eindig soos volg in hul liga:  2de- en o.15B-spanne in die eerste plek, o.16B in die tweede plek en o.14B in die derde plek.  Oos-Moot eindig eerste in die liga met 31 punte (naaste opponente 20 punte) en is 2022 se beste sagtebalskool in Pretoria.

2021-seisoen
Ons spelers was van die bevoorregtes om wel ‘n 2021-seisoen te kon hê.  ‘n Span wat hierdie seisoen uitgestaan het, was die o.15A-span wat geen wedstryd verloor het nie.  Ons spelers het die seisoen op 30 Oktober afgesluit met wedstryde teen Hoërskool Garsfontein.  Al die spanne het hul wedstryde gewen en die 1ste-span het gelykop teen Garsfontein geëindig.

Tanika Ferreira
sagtebal@oos-moot.co.za