SKAAK

'N OOSIE KWALIFISEER VIR DIE SOUTH AFRICAN JUNIOR CLOSED CHESS CHAMPIONSHIP 2025!

Ons is ongelooflik trots op Bonicia du Toit (gr.11) met hierdie pragprestasie en wens haar sterkte toe!

Lees die artikel oor haar in die Pretoria Moot Rekord gedateer 28 Februarie 2025 (bladsy 4)

Mnr A Stolp
Organiseerder
skaak@oos-moot.co.za

Oos-Moot het ʼn opwindende skaakprogram by die skool.  Die skaakspan het nie net mooi gegroei die afgelope paar jaar nie, maar behaal ook uitstekende prestasies.

Die afrigter is Christiaan Linde, ʼn trotse oud-Oosie wat sy passie vir skaak in Oosie-land wil oordra. So, of jy nou ‘n beginner is of ‘n skaakwizard, sit jou skaakhoed op kom speel saam.

Ons skaakspelers lewer deurlopend mooi prestasies.  Tydens die 2024 NWU-reeks eindig die Oosie-skaakspan tweede in Groep A nadat hulle 28 punte uit ʼn moontlike 40 punte behaal het en eindig derde in die finale uitspeelrondtes teen Waterkloof (1ste), Menlopark (2de).  Individuele prestasies:  Steven Acker ontvang die Bordwennerprys vir die beste speler op Bord 8 en Bonicia Du Toit (Kaptein) ontvang die Bordwennerprys vir die beste speler op Bord 5.  Oos-Moot word nou as ‘n sterk skaakskool gereken.

Uitstaan prestasies is deur ons spelers behaal tydens die Gauteng Inter-streekkampioenskappe.  Ses van ons skool se leerlinge het die volgende uitsonderlike prestasies in hulle spanne behaal:  Eerste plek (goue medaljes): Steven Acker (o.16), Eduan Wolfaardt (o.16), Tiaan Stolp (o.16), Albert Durand (o.18) en Brendo van Zyl (o.18).  Tweede plek (silwer medalje): Bonicia du Toit (o.18).  Die wenners is bepaal uit ses streke regoor Gauteng se spanne wat vyf rondtes skaak teen mekaar moes speel.