SWEM

Fotokrediet:  Aktiwiteitsfotograaf  Tuane Weber

Me Liezl Matthee
Organiseerder
swem@oos-moot.co.za

Swem is ‘n spansport met individuele dissipline.  Hier word jy waarlik as ‘n individu gesien en is jy nie net ‘n nommer nie.  Jou deelname is opmerklik en is jy vir die 20 tot 30 sekondes in die swembad die verteenwoordiger van jou skool waar jou prestasie(s) nie net tot eer van jouself is nie maar ook tot eer van jou skool. 
 
Elke prestasie van elke swemmer dra by tot die skool se prestasies by ‘n byeenkoms.  Swem is nie net mededingend nie maar ook ‘n sport met ‘n kultuur van omgee en ondersteuning vir jou as spanlid.  
 
GELEENTHEDE VIR DEELNAME
Die skool neem gedurende die eerste en vierde kwartaal aan vriendskaplike byeenkomste deel om ons swemmers soveel moontlik blootstelling vir ontwikkeling te gee.  Ons neem in die C-Bond liga teen verskeie Pretoria skole deel (Hoërskool Menlopark, Maragon College (Mooikloof), Afrikaans Hoër Meisiesskool, Woodhill College, Sutherland High School en Hoërskool Overkruin) en word die interhoërspan tydens hierdie liga’s gekies.
 
Verskeie van ons swemmers is by streeksklubs vir addisionele oefening om hul in die sport te bevorder.  Die skool moedig klublidmaatskap aan aangesien dit ten goede van dié skoolsport is.
 

2025 B-Bond Interhoër Podiumplekke

Swemspan 2025