TAFELTENNIS
J Geldenhuys
ORGANISEERDER
tafeltennis@oos-moot.co.za
Ons het twee tafeltennisspanne. Die A-span wat in die A-liga deelneem en die B-span wat in die B-liga deelneem. Daar is nege leerders in ‘n span en hul speel in gemengde spanformaat. ‘n Span kan bestaan uit leerders van graad 8- tot graad 12. In die geval waar ‘n leerder nie een van die spanne haal nie moedig ons hul aan om steeds die oefeninge by te woon. Dit is vir ons van uiterste belang dat ‘n leerder ten alle tye die geleentheid sal hê om te ontwikkel en groei in die sport.
Die tafeltennis het ‘n besondere suksesvolle 2023 seisoen beleef. Die prestasies deur ons twee gemengde spanne was indrukwekkend en het ‘n opmerklike verbetering getoon in vergelyking met vorige jare. Die A-span wat in die A-liga deelneem, het slegs een wedstryd gedurende die seisoen verloor en eindig algeheel tweede in die liga. ‘n Verbetering van vier plekke sedert 2022. Die B-span wat aan die B-liga deelgeneem het, eindig vierde. ‘n Groot verbetering van hul negende plek in 2022. Ses Oosies is in Gauteng-Noord oefengroepe opgeneem en drie Oosies het Gauteng-Noordspanne verteenwoordig.