Mnr W Smit
Organiseerder
tennis@oos-moot.co.za
Tennis is een van ons skool se kleiner sportsoorte en ons poog jaarliks om meer spelers by hierdie sportsoort te betrek. Carla Smith is ons afrigter en die onderskeie spanne speel in verskillende ligas, naamlik senior seuns (B1 en B3) en junior seuns (B1).
Tennis bied buiten ‘n gesonde leefstyl en fiksheid ook vir ons spelers ‘n unieke geleentheid vir die ontwikkeling van hul hand-oog-koördinasie, balans en konsentrasie vaardighede, strategiese denke en besluitneming.
Hierdie sportsoort skep ook ‘n sosiale omgewing waarin spelers moet saamwerk, goed kommunikeer en leer om uitdagings te hanteer.