Dit is vir ons belangrik dat elke leerder nie net vakke kies wat vir hulle interessant is nie, maar ook dié wat hulle gaan help om hul drome en loopbaandoelwitte te bereik.
Die vakke wat jy nou kies, kan ‘n groot invloed hê op jou toekoms – of jy wil gaan studeer, ‘n beroep volg of selfs jou eie besigheid begin. Daarom is dit belangrik om goed te dink oor jou keuses en seker te maak dat dit by jou sterkpunte en planne pas.
Ons is hier om jou te help en te ondersteun sodat jy selfvertroue het in jou keuses en voorbereid is vir wat na skool kom. Kies slim – dit is jou toekoms!