WISKUNDESENTRUM

Wiskunde bly steeds ʼn vak waarmee heelwat leerders sukkel.  Die grootste probleem wat leerders ondervind, is dat agtergrondkennis van die vorige grade nie behoorlik vasgelê is nie.    Onderwysers kan nie altyd in skoolure daaraan aandag gee nie, aangesien die sillabus vir die betrokke graad afgehandel moet word.

Die Departement Wiskunde bied die Wiskundesentrum aan op Maandagmiddae vanaf 14:00 – 15:00.  Daar sal elke Maandagmiddag ʼn onderwerp behandel word wat betrekking het op die spesifieke graad.  Die onderwerpe sal aanpas by die afdeling in die sillabus wat tans behandel word.

Dit word baie sterk aanbeveel dat leerders wat Wiskunde druip, die klasse sal bywoon.  Daar sal  ʼn teenwoordigheidsregister bygehou word. 

Navrae kan gerig word aan me C Venter.

 

Me C Venter
Koördineerder
c.venter@oos-moot.co.za

Me N Smith
(Gr 8)

Me C Labuschagne
(Gr 8)

Me M Pretorius
(Gr 9)

Me L Eksteen
(Gr 9)

Mnr D Snyman
(Gr 10)

Me C Botha
(Gr 11)

Me J Geldenhuys
(Gr11)

Me S vd Wetering
(Gr 12)

Me C Venter
(Gr 12)