WOLKSKOOL

Die Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), ʼn nie-winsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat ten doel het om gehalte Afrikaanse onderrig te help verseker.

Die skool maak sedert September 2021 gebruik van Die Wolkskool en AL ons leerders kry toegang.  Die Wolkskool vervang nie die rol van die onderwyser by die skool nie, maar word as ʼn aanvullende hulpmiddel vir al ons leerders en veral die wat akademiese tyd verloor het, beskikbaar gestel.  Die skool dra die koste vir die leerder se registrasie op hierdie platform.

Die Wolkskool is ʼn aanlynplatform van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) met videolesse, werkkaarte en assesserings wat deur professionele onderwysers ontwikkel is.  Die platform maak van die nuutste tegnologie gebruik om u kind ʼn veilige, stabiele en vinnige aanlyn leerervaring in Afrikaans te bied.

Ons onderwysers speel ʼn kernrol in die sukses van Die Wolkskool, omdat die platform juis tot sy reg kom wanneer onderwysers dit inspan om leemtes in kennis en begrip by u kind te identifiseer en betyds aan te spreek.  Verskeie van ons eie onderwysers is ook betrokke by Wolkskool.

WAT BEHELS DIE WOLKSKOOL
Die Wolkskool bied u kind die geleentheid om video lesse oor en oor te kyk totdat hy/sy dit verstaan, teen sy/haar eie pas, vanaf enige plek en op sy/haar eie tyd.

Die ouer ontvang ook weekliks ʼn elektroniese verslag (e-pos) wat u op hoogte van u kind se vordering sal hou.

KOSTES
Die skool dek die koste vir die leerder.
Elke leerder ontvang 2 GIG GRATIS data per maand. Dit is egter net vir gebruik op Die Wolkskool.

HOE OM TE REGISTREER
Indien ’n leerder nog nie ’n Wolkskool profiel het nie kan die volgende stappe gevolg word:

  1. Gaan na https://wolkskool.co.za/sluit-aan
  2. By “kies asseblief jou rol” kies jy “leerder”.
  3. Verskaf die leerder se naam, van, e-posadres en wagwoord (Let wel: die wagwoord moet ten minste 8 karakters bevat en moet ten minste 1 hoofletter, 1 spesiale karakter en 1 nommer bevat).
  4. Kies dan “Skep rekening”. (Die epos-adres wat in hierdie stap gevra word is die epos wat leerders gaan gebruik om elke keer by Wolkskool in te teken, daarom vereis ons dat dit hul skool e-posadres sal wees.)
  5. Vul asseblief al die besonderhede korrek in by die skerm wat volg.
  6. Die leerder se inligting word eerste gevra, gevolg deur die ouer/voog se inligting en laaste moet die graad gekies word om voort te gaan.
  7. Maak 100% seker dat die korrekte ID-nommer van die leerder (soos wat dit op die geboortesertifikaat voorkom) ingevul word. (Die ID-nommer word gebruik om die koppeling met die skool te maak.)
  8. Die video’s wat ons gaan gebruik is onder “Inhoud” by “Wiskunde vir die omgekeerde klaskamer” skakel.

BELANGRIK
Leerders moet asseblief hul e-posadres en wagwoord onthou.

Mnr D Snyman
Wolkskoolregistrasies
h.snyman@oos-moot.co.za